Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - ‘n Groep Popcru-lede, die unie wat polisielede, lede van korrektiewe dienste en provinsiale verkeersmanne verteenwoordig, het vanmiddag, Dinsdag 10 Julie om 13:00 voor die Oudtshoorn-polisiestasie ‘n plakkaatprotesoptrede gehou.
Dit volg na ‘n optrede om 11:30 by die terrrein van die Oudtshoorn Korrektiewedienste.
Hulle eis onder andere die bespoediging van regstellende aksie binne die polisie.
Volgens die plaaslike Popcru-sekretaris, Simphiwe Hadebe, word die polisie nog deur apartheidsleiers bestuur.
Hadebe het ook aangevoer indien daar nie so spoedig moontlik aan hul eiese aandag gegee word nie, sal hulle (Popcru) aksie neem en die polisiemanne en -vroue uit die polisiestasie verwyder en met klerke vervang.
Hadebe sê rassisme seëvier binne die polisie en Popcru se lede word sleg behandel.
Lt. Kol. Angie Amasi het Popcru se versoekskrif in ontvangs geneem en onderneem om dit na ‘n hoër gesag te verwys.
Kyk 'n video hieronder:
‘n Groep Popcru-lede, die unie wat polisielede, lede van korrektiewe dienste en provinsiale verkeersmanne verteenwoordig, het vanmiddag, Dinsdag 10 Julie om 13:00 voor die Oudtshoorn-polisiestasie ‘n plakkaatprotesoptrede gehou.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'