OUDTSHOORN NUUS - Twee lede van die SAPD is beseer toe hulle voertuig vanaand net voor 20:00 deur 'n bakkie getref is.
Nadat hulle mekaar getref het, het die polisievoertuig 'n motor getref wat by die stopstraat gestaan het. Die slag het die motor tot teen 'n munisipale voertuig agter hom gestamp.
Die ongeluk het by die aansluiting by Aurial Kollege oorkant die gholfbaan gebeur.
Volgens die bestuurders van die motor en die munisipale voertuig het die bakkie voor die aankomende polisiewa ingedraai.
Drie insittendes van die motor is op die toneel behandel.
Na die botsing met die bakkie het die polisievoertuig 'n Toyota getref.
Die Toyota wat deur die polisievoertuig getref is, is tot teen 'n munisipale voertuig agter hom gestamp.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'