OUDTSHOORN NUUS - Die polisie ondersoek 'n klag van roekelose en nalatige bestuur na 'n polisieman verbonde aan die Polisie-kollege vanoggend ernstig in 'n ongeluk beseer is.
Die ongeluk het ongeveer 09:30 plaasgevind.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die beampte na bewering op die honde-eenheid-grondpad met sy fiets gery. 'n Voertuig wat 'n waentjie gesleep het, het verby hom gery en is hy glo deur die waentjie gestamp.
Volgens Visser is die beampte na die hospitaal geneem, maar weens die aard van sy beserings is hy na 'n hospitaal in George oorgeplaas.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuuste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'