OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie vra dat enige persoon met inligting oor die volgende vier voorvalle wat die naweek plaasgevind het, hulle sal kontak:
- Daar is op Saterdag 3 Oktober by Eljada Kairosskool in Baron van Reedestraat ingebreek. ‘n Skeepsvraghouer (container) is oopgebreek en ‘n silikoon-aanwender, ‘n hoekslyper (angle grinder) en verskeie ander items is gesteel.
- Goedere ter waarde van R150 000 is by HPE technology in Rademeyersrtaat gesteel. Toegang tot die werkswinkel is deur die dak verkry. Die gesteelde items sluit elektriese toebehore asook twee batterye in.
- Daar is op 5 Oktober by ‘n voertuig in Nelstraat ingebreek. Die agterste kantvenster van die voertuig is uitgeslaan en ‘n leer motorfietsbaadjie is gesteel.
- Op 4 Oktober is vier wieldoppe in Booysenstraat van ‘n voertuig afgesteel.
Enige person wat inligting het kan vir sers Carmen Marnewick by 044 274 4419 of 082 4697642 kontak.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'