LADISMITH NUUS - Die Ladismith-polisie het ’n saak van verkragting geopen nadat 'n 31-jarige vrou die afgelope naweek verkrag is.
Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het die voorval op 'n oop stuk veld in Singelstraat gebeur.
"Die voorval was om ongeveer 23:45. Die man was nie aan die slagoffer bekend nie. Die vrou is na die plaaslike hospitaal vir ’n mediese ondersoek geneem. Geen arrestasie is nog gemaak nie."
Van Wyk het gesê die polisie doen 'n beroep op enige persoon met moontlike inligting, om STOP MISDAAD by 08600 10111 te kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’