OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie is opsoek na ‘n man wat verlede Saterdag na bewering ‘n 12-jarige verkrag het.
Volgens ao. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die voorval tussen 13:00 en 14:00 in die veld agter die Toekomsrus-gemeenskapsaal gebeur.
Die man is vermoedelik tussen 19 en 21 jaar oud, met geel hare. Hy is slank gebou en het ‘n donker groen hemp, blou denim en grys Nike-tekkies aangehad.
Indien enige iemand enige inligting kan verskaf kan word kontak ao. Wanita Uys by 044 203 7500 of 083 365 7138 skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer raak.
Die man is vermoedelik tussen 19 en 21 jaar oud, met geel hare. Hy is slank gebou en het ‘n donker groen hemp, blou denim en grys Nike-tekkies aangehad.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'