OUDTSHOORN NUUS - Die polisie vra die hulp van die gemeenskap om 'n persoon op te spoor wat moontlik met die roof by PP Kafee op 25 Augustus verbind kan word.
Oudtshoorn Courant het vroeër die maand berig dat die vrou wat in die winkel gewerk het, gesê het dat sy en die man die dag voor die roof 'n woordewisseling oor koeldrank gehad het.
Hy het glo die volgende dag teruggekom.
Volgens die vrou het hy oor die toonbank gespring en haar geskop en op haar skouer getrap waarna hy twee selfone en haar beursie met onder meer R500 gesteel het.
Die man word volgens die gesigsamestelling as 'n donker man beskryf wat ongeveer 1,68 m lank is en tussen 38 en 43 jaar oud is. Hy is slank en het 'n bruin mus, grys hemp en swart baadjie aangehad.
Enigeen wat met inligting kan help kan ao. Willy Apollis by 079 894 1897 skakel.
Die gesigsamestelling wat deur die polisie vrygestel is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'