OUDTSHOORN NUUS - Die polisie is opsoek na enige persoon wat inligting het nadat daar by ‘n woning in Jan van Riebeeckweg ingebreek is.
Volgens sersant Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is die volgende items gesteel:
- ‘n Asus Skootrekenaar,
- 1 Samsung Galaxy Mini, maar sal nie hier kan gebruik nie, want dit is in Engeland gerigistreer,
- 1 Samsung Smart Cam,
- 2 bokse Chardonnay wyn en
- 1 gigabyte skootrekenaar met USB laaier.
Enigiemand met inligting kan vir sers. Carmen Marnewick by 044 274 4419 of 082 4697642 skakel.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'