OUDTSHOORN NUUS - Die polisie het einde April twee verdagtes met 'n Norstar NSB 110FT Teb-battery in hulle besit in hegtenis geneem.
Volgens ao. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is die waarde van die battery R22 800.
"Die voorval het in Voortrekkerweg plaasgevind. Die polisie is op soek na die eienaar van die battery of enigiemand wat moontlik inligting oor die voorval het."
Enigiemand met inligting kan ao. Willem Swart by Oudtshoorn-speurders by 044 203 9127 of 082 302 4395 skakel.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'