PRINS ALBERT NUUS - Jonathan Francis (24), wat van poging tot moord aangekla word nadat hy Jakob Williams (39) met 'n mes gesteek het, se verhoor is tot 11 Maart uitgestel.
Francis het na bewering op 13 Maart verlede jaar vir Jakob Williams in sy eie erf met 'n mes gesteek, en is in die teenwoordigheid van Williams se dogter geklap.
Williams se dogter het getuig dat haar pa vir Francis en nog 'n man gevra het om nie teen sy heining te lê nie.
Francis het toe glo in die erf ingegaan en haar pa geklap en met 'n lang mes gesteek.
Volgens Francis se weergawe het hy glo die mes by Williams afgevat en het hy Williams per ongeluk gesteek.
Die dogter het in haar getuienis gesê dat sy weergawe 'n leuen is.
Williams is eenkeer in die nek gesteek en moes vier steke kry. Francis het na die voorval weggehardloop en het nooit om verskoning gevra nie.
Francis bly tot sy volgende verskyning in aanhouding.
'Ons bring jou die nuuste Prins Albert, Klein Karoo nuus'