OUDTSHOORN NUUS - Poem Mooney is een van vyf kunstenaars wat vandag Dinsdag 26 Maart deur die KKNK vereer word. Ander kunstenaars is Jana Cilliers, Deon Meyer, Eldon van der Merwe, Poem Mooney en Colbert Mashile.
Wat Mooney spesiaal maak is die feit dat hy van Oudtshoorn is, eintlik is hy Oudtshoorn. Hy word geken aan die staaltjies wat hy lief is om te deel en dit is ook presies waarvoor hy vereer word.
Die legendariese storieverteller en skrywer ontvang die KKNK-prys vir lewensbydrae tot kuns en kultuur. Boeke soos Kringe om die maan, Dit klink soos ’n klok en Stories uit Lap, sy boek oor Prins Albert, het al uit sy pen verskyn en hy is die stamhoof van die Attakwa Khoisan-organisasie wat hy in 2000 by die Wêreldberaad van Inheemse Volkere in Switserland verteenwoordig het.
Mooney is 'n boorling van Prins Albert, maar Oudtshoorn is sy tuiste.
Die funksie vind om 13:00 by die Absa Kuierkamer in die Feesmark plaas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’