OUDTSHOORN NUUSFLITS - Grootmaat diefstal van plaveistene op sypaadjies het die Oudtshoorn-munisipaliteit genoodsaak om die plaveisel op te breek en met sement te vervang.
'n Projek wat in 2013 begin is, om Dassieweg en ander strate met geplaveide sypaadjies te versier, het vir die munisipaliteit in 'n nagmerrie ontaard.
Die stene word deur diewe weggedra.
Van die duisende stene warmee 'n hele aantal voetpaaie ook gebou is, is niks oor nie.
Die projek het volgens onbevestigde inligting bykans R20 miljoen gekos.
'n Kontrakteur is aangestel om die plaveisel-stene langs Dassieweg te verwyder nadat duisende stene reeds verdwyn het. Foto: Christo Vermaak
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'