OUDTSHOORN NUUS - Altesaam 135 skopboksers het onlangs aan Grebe's-skopboksklub in Oudtshoorn se jaarlikse interklub-skopbokskampioenskappe wat ook bekendstaan as die 'Battle of the Karoo', deelgeneem.
Volgens Ranger Grebe, afrigter van Grebe's-skopboksklub, het klubs van sover as Kaapstad en die Oostelike Provinsie gereis om te kom meeding.
Ranger was in sy noppies met die verloop van die kampioenskappe en het gesê dat dié sport weer begin om tot sy volle potensiaal te funksioneer en sodoende platforms van deelname vir kinders te kan skep.
Die volgende toernooi is die Wes-Kaapse skopbokskampioenskappe wat op 24 Maart in Hermanus sal plaasvind.
Medaljes wat verower is:
Stefan Haupt (silwer)
Liam de Wit (goud en silwer)
Brandon Bence (goud en brons)
Tristan Beets (vierde plek)
Gideon de Villiers (silwer -2)
Lukas van Rooyen (silwer)
Stian Jonker (silwer en brons)
Reon Lombard (goud en brons)
Aidan Bruiners (goud en silwer)
Hailie van Rensburg (goud -2)
Philip Fourie (goud -2)
Hugo Lötter (goud - 2)
Noah van Jaarsveld (silwer en brons)
Wian Viljoen (silwer en brons)
Logan van Jaarsveld (4de plek)
Jonathan Truter (2 brons asook ope-kampioen)
Jaco van der Merwe (goud)
Luan Mattheüs (brons -2)
Liam Brown (silwer 2)
Reghardt Wolmarans (brons)
Divan van Deventer (silwer)
Dirk- Harold Mostert (goud (2) asook
ope-kampioen)
Logan Ellis (goud -2)
Cassey Europa (goud en silwer)
Kelsie Ellis (goud en silwer)
Lize-Mari Mostert (goud en silwer)
Cole Griffen (silwer -2)
Joshua Smith (silwer en brons)
Anando Olivier (goud - 4)
Audan Olivier (goud (2) en silwer (2)
Wian Grebe (goud (2) asook ope-kampioen)
Divan Rademeyer (goud)
Simon Greeff (silwer)
Chaunique Bruce (goud en silwer asook ope-kampioen)
Ranger-skopboksklub het uitstekend gevaar by die Battle of the Karoo-kampioenskappe en het verskeie medaljes ingepalm. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'