KLEIN-KAROO NUUS - Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het 'n beroep op alle inwoners van die provinsie gedoen om hulle samewerking in die verband te gee.
Die volgende boodskap van hom is in 'n persverklaring vervat wat Maandagmiddag deur die Wes-Kaapse departement van gesondheid uitgereik is:
"As we approach our peak of the third wave, I call on all our residents to come together to protect our healthcare system and save lives. It is more important than ever to keep on practising the life-saving behaviours we have learnt over the last year."
Volgens die verklaring het die Wes-Kaap teen 13:00 op Maandag 2 Augustus, 40 252 aktiewe Covid-19 gevalle gehad wat die totale aantal gevalle op 408 685 tot stand bring met 'n herstelsyfer van 353 145 met 'n totaal van 15 288 sterftes.
Volgens die verklaring is daar tans 3 457 Covid-19-pasiënte in hospitale waarvan 722 in hoë- of intensiewe sorgeenhede is. Oor die voorafgaande sewedag-tydperk is ’n gemiddelde sterftesyfer van 108 sterftes per dag aangeteken.
Volgens Nadia Ferreira, hoofkommunikasiebeampte van die gesondheidsdepartement in die Tuinroete en Sentraal-Karoo, het die Tuinroete se aantal positiewe gevalle vir die week tot en met 2 Augustus met 3 003 teenoor die vorige week toegeneem.
Daar is tans 51 300 bevestigde Covid-19-gevalle waarvan 5 974 aktief is.
In Oudtshoorn het die prentjie teen Maandag 2 Augustus, so gelyk:
- Totale aantal gevalle: 5 313 (19 Julie: 4 677)
- Aktiewe gevalle: 411 (19 Julie: 367)
- Herstelsyfer: 4 556 (19 Julie: 4 193)
- Sterftesyfer 346 (19 Julie: 317)
Voorkomingsmaatreëls:
Winde doen 'n beroep op inwoners van die provinsie om steeds die volgende voorkomingsmaatreëls streng toe te pas:
• Dra 'n masker waar jy gaan
• Was en ontsmet jou hande gereeld
• Vermy groot groepe, beknopte spasies en nabye kontak met mense
• Hou byeenkomste so kort as moontlik, met min mense en verkieslik in die buitelug
• Gebruik alkohol verantwoordelik
• Kry jou inenting sodra dit jou ouderdom- of werkskategorie se beurt is
• Bly tuis indien jy siek voel en kry dringend mediese hulp as jy met asemhaling sukkel
• Beskerm mense wat hoër risiko vir infeksie het soos byvoorbeeld bejaardes en diegene met komorbiditeite.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'