OUDTSHOORN NUUS - Patrick Blaauw, voorsitter van Oudtshoorn se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is verlede week as ondervoorsitter van die Eden-gebieds-GPF verkies. Volgens Erna Wagenaar-Hurling, die Oudtshoorn-GPF, woordvoerder was die Eden-gebieds-GPF se direksie verkiesing in George gehou.
"Hierdie verkiesing word bygewoon deur alle stasiebevelvoerders, tesame met hul onderskeie GPF-voorsitters.
Die verkiesing was voorafgegaan deur 'n konsensus vir die posisies vir voorsitter, ondervoorsitter en kassiere.
"Ons wil graag vir Patrick gelukwens met sy nuwe posisie as ondervoorsitter. Ons het vertroue in sy besondere, visioenêre manier van leierskap."
Blaauw het gesê hulle gaan veral fokus op die vestiging van straatpatrollies en buurtwagte.
"Met die hulp van die gemeenskap kan ons die Tuinroete in 'n veilige omgewing omskep."
Die ander poste word met die eerste amptelike Eden-gebieds-GPF se vergadering in Maart aangewys.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'