Update
OUDTSHOORN NUUS - Die pastoor wat verlede jaar op 'n klag van verkragting en seksuele molestering in hegtenis geneem is, se saak is vanoggend na 25 Julie uitgestel.
Die pastoor, van 'n gemeente op Oudtshoorn, is verlede jaar by sy huis in Wesbank in hegtenis.
Hy staan tereg op sewe klagtes wat met seksuele misdrywe met minderjariges verband hou. Hy is op 15 Oktober op borgtog van R10 000 vrygelaat.
Adv. Michelle Weyers het aan die hof gesê dat die hof vanoggend met 'n voorverhoor sou begin, maar het om uitstel gevra omdat die staat sowel as die verdediging deur nuwe bewysstukke moet werk.
Christo van der Bergh, die pastoor se regsverteenwoordiger, het gesê dat daar 30 bewysstukke is en dat hulle wil weet waarom die bewysstukke uitgereik is.
Landdros Daniël Boks het die uitstel toegestaan omdat hy die saak as ingewikkeld beskou.
"Die bewysstukke hou met pornografie verband en die volledige klagstate moet nog opgestel word," het hy gesê.
Lees 'n vorige artikel: Nog moontlike klagtes kom in pastoor-saak
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'