Update
OUDTSHOORN NUUS - Die 58-jarige pastoor wat verlede week op verkragting en seksuele molestering in hegtenis geneem is, is pas op borgtog van R10 000 vrygelaat.
Daar het nog 'n klaarster bygekom en twee sake is bygevoeg.
Die man staan nou tereg op sewe klagtes wat met seksuele misdrywe verband hou.
Die pastoor, van 'n gemeente op Oudtshoorn, is verlede week by sy huis in Wesbank in hegtenis geneem op klagtes van verkragting en onsedelike aanranding van 'n minderjarige.
Volgens die klagstaat het een van die voorvalle by die kerk plaasgevind. Die voorvalle het na bewering in 2003 plaasgevind toe die klaagster 13 jaar oud was.
Lees 'n vorige artikel hier: Pastoor vas vir beweerde verkragting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'