UNIONDALE NUUS - 'n Vroulike werknemer van 'n Uniondale huis vir bejaardes, is deur die Valke se handelsmisdaadtak in hegtenis geneem.
Volgens kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke in die Wes-Kaap, is die vrou op Donderdag 24 Augustus gearresteer.
"Sy het na bewering gedurende 2007 en 2008 die ouet-huis uit R587 763,48 bedrieg. Die klagtes teen haar is dat sy die ouetehuis se finansiële rekords verduister en gemanipuleer het."
Die naam van die ouetehuis en die beskuldigde kan nie op hierdie stadium gepubliseer word nie. Sy het eers op 7 September in die George-landdroshof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'