OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Vaardigheidskool het Maandagmiddag ’n pragtige mosaïekpaneel op die skoolsaal se muur onthul.
Volgens die skoolhoof, Gavin Block, is hierdie inisiatief 'n idee wat 'n paar jaar gelede ontstaan het.
"Ons wou graag 'n beeld of 'n advertensiebord laat aanbring wat ons skool se naam groot uitbeeld. Dis toe dat ons op die kunstenaar Petro Archer besluit het om ons muur by die Griessel-skoolsaal met pragtige mosaïekteëlwerk te verfraai. Ek en die skool waardeer al die ure wat sy toegewyd gewerk het om hierdie meesterstuk te kon voltooi," het Block gesê.
Volgens Archer het sy en haar suster, wat toevallig ook 'n onderwyser by die skool is, die ontwerp saamgestel." Die stukkies teëls beloop min of meer so honderdduisend stukkies wat ek oor 'n tydperk van agt maande voltooi het. Al die elemente beeld die skool se ses vaardighede uit, beide akademies en tegnies tesame met die skool se leuse. Ek is dankbaar dat die skool my die geleentheid gegee het om deel van die skool se nalatenskap te kan wees."
Die seremonie is afgesluit met 'n vingerete vir al die gaste.
Van links is Brendon Pieterse, Gavin Block (skoolhoof) en Petro Archer. Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'