OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn United Congregational Church het Sondagaand 'n suksesvolle debutantebal aangebied met sowat 87 lidmate wat deelgeneem het.
Marjory Fortuin was as koningin en wenner van die aand gekroon.
Gina Cairncross en Johanna Ewerts was onderskeidelik as die eerste en tweede prinses aangewys.
As blyk van waardering het elke deelnemer 'n sertifikaat van waardering ontvang. Advokaat Juan Agulhas, gasspreker van dié aand, het die gaste deurentyd laat skater met sy pittige sêgoed.
Die orkes van die aand, Prerogative, het behoorlik die voete laat jeuk.
As gevolg van die sukses van die aand oorweeg die kerkbestuur dit om dié debutantebal 'n jaarlikse instelling te maak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'