OUDTSHOORN NUUS - Die nuutgestigte Oudtshoorn Sport Inisiatief (OSI) het onlangs hul nuwe bestuur tydens hul algemene jaarvergadering gekies.
Daar word gepoog om nou saam te werk met die munisipaliteit, die Oudtshoorn-sportraad, staatsinstellings soos die SANW, besighede, skole, sportklubs, toerisme-besienswaardighede en enige rolspeler wat die doelwitte en visie van die OSI onderskryf.
Die nuwe bestuur is:
- Wilma Pienaar (voorsitter)
- Pienaar Muller (ondervoorsitter)
- Hans van der Veen (sekretaris)
- Susan Juta (tesourier)
- Lluwellyn Coetzee (Ex Officio - Groter Oudtshoorn-munisipaliteit)
- Fikile Blauw (Ex Officio - Groter Oudtshoorn-sportraad)
- Abri Ferreira (Ex Officio - Oudtshoorn-besigheidskamer).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'