Sy het geskiedenis gemaak deur die eerste gehoorgestremde persoon te word om hierdie titel in te palm.
Leanka Lauchscher, a dansinstrukteur van Mosselbaai, is as Eerste Prinses gekroon en Cindy Ndlangmandla, 'n student van die NMMU is die Tweede Prinses. Cindy is ook in 2013 as tweede prinses in die kompetisie gekroon.
Akteur/televisieaanbieder Hannes van Wyk was die seremoniemeester by die geleentheid.
Klik hier vir 'n fotogalery van die aand.

Mej Tuinroete Klein Karoo 2015 Mia le Roux sit in die middel voor saam met haar prinsesse Leanka Laubscher (links) en Cindy Ndlangmandla. Agter staan Danicka Riehl, verlede jaar se wenner, die seremoniemeester Hannes van Wyk (regs) en Robin Seabrook, algemene bestuurder van die Garden Route Casino. Foto's: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'