OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie vra hulp met inligting oor 'n inbraak wat die afgelope naweek by Riempie Estate plaasgevind het.
Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die inbraak Sondagoggend gebeur.
"Tydens die inbraak is daar 'n witgoud diamantring, 'n wit I-pad, 'n Samsung tablet, twee Samsung selfone en 'n vroue Fossil- en mans Nixon-horlosie gesteel.
"Items wat uit die huis uit gesteel is se waarde beloop ongeveer R90 000."
Enige persoon met inligting oor die inbraak kan ao. Christo Olivier by 071 079 7915 of konstabel Elrico Prins by 074 859 3679 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'