OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het Donderdag, 1 Februarie, in 'n kennisgewing aangekondig dat vlak 1-waterbeperkings in Oudtshoorn geïmplementeer word, en dat vlak 6-waterbeperkings steeds geld vir De Rust, Dysselsdorp en die Klein-Karoo Landelike Waterskema (KKLWS).
"Neem asseblief kennis dat vlak1-waterbeperkings onmiddellik geïmplementeer word vir Oudtshoorn (alle areas wat uit die Raubenheimerdam water kry) en dat vlak 6-(streng) waterbeperkings steeds geld vir De Rust, Dysselsdorp en KKLWSS," lui die verklaring.
In die verklaring word inwoners se geheue verfris oor die landelike area, Dysselsdorp en ‘n gedeelte van De Rust wat van water voorsien word vanuit die KKLWS-boorgate.
"Hierdie boorgate en die KKLWS is onder geweldige druk en kan nie aan die huidige behoefte voorsien nie. Dit geld ook vir die res van De Rust wat water uit die Huisrivier kry. Die Munisipaliteit is slegs geregtig op ‘n beperkte onttrekking vanuit die Huisrivier. Hierdie toegelate onttrekking is nie voldoende om aan De Rust se behoefte te voorsien nie en word die bron vanaf die KKLWS aangevul. Vandaar die streng beperkings vir De Rust, Dysselsdorp en KKLWSS."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’