OUDTSHOORN NUUS - 'n Span nooddienswerkers, saam gestel uit Oudtshoorn-brandweer, -polisie, Klein Karoo Event Medics, ander paramedici en CapeNature het vanoggend 'n groep motorfietsryers wat gisteraand in die Kammannassie Natuurreservaat verdwaal het, gered.
Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, het die munisipale rampbestuurkantoor gisteraand om 20:30 inligting ontvang dat die groep van vyf motorfietsryers verdwaal het.
"Ons het 'n location pin van een van die motorfietsryers se vroue ontvang wat hul ligging aangedui het. Ons het met hulle probeer kontak maak, maar kon ongelukkig nie. Inligting wat ons op daardie stadium ontvang het, het aangedui dat hulle in 'n veilige area in die berge was en dat die motorfietsryers daar sou bly. Ons kon hulle weens slegte weersomstandighede ook nie gaan soek nie," het Adel Supra-Virtue, bestuurder van Oudtshoorn Rampbestuur, in 'n verklaring gesê.
Vanoggend voor 07:00 is die soektog begin en kon die soekspan daarin slaag om een van die motorfietsryers in die hande te kry en hul presiese ligging is vasgestel.
"Een van die motorfietsryers is 'n diabeet en was swak en is per helikopter na 'n hospitaal geneem. Die ander mans is almal veilig en is by 'n hospitaal ondersoek."
Mornay Thysse (senior brandweerman), Adel Supra-Vertue (bestuurder rampbestuur); Amelia Rank (Junior brandweer), (motorfietsryers met slegs hul voorname) Johan, Rene, Peter, Werner enDewald, Theo Gouws en Buks Gouws (Klein Karoo Event Medics) en Irene Malgas van Oudtshoorn rampbestuur
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'