Gallery
OUDTSHOORN NUUS – Hoërskool Oudtshoorn se matriekklas van 2022 spog met 10 A-kandidate. Twee leerders het ‘n hoër sertifikaat kwalifikasie behaal, 12 ‘n diploma kwalifikasie behaal en 88 bachelors is verwerf.
Uit die 105 leerders het 102 kandidate geslaag. Die topdrie leerders van die skool is Dylan Dreyer met 92,71%, Anke Kruger met 88,71% en Kai Barry met 87,86%.
FOTOGALERY: Oudtshoorn Hoërskool
Mnr Gerrit Rudolph, skoolhoof van Hoërskool Oudtshoorn sê dat hy geweldig trots op die leerders is en dat die bachelors syfer van 73% in 2021 na 83% in 2022 gestyg het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'