OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-diereherberg se jaarlikse Kersboom-projek het Saterdag 7 Desember plaasgevind.
Hierdie geleentheid is 'n hoogtepunt op die Diereherberg se kalender en bied die gemeenskap die geleentheid om diere in nood te bederf en te ondersteun.
Ansa de Jager, stigter van die diereherberg, verduidelik dat die geskenkpakkies vir die diere gewoonlik twee blikke hondekos, 'n warm kombersie, 'n groot kosbak, 'n speelding en diere vriendelike lekkernye bevat.
Vrywilligers het gesorg dat die diere in die herberg hul geskenkies ontvang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’