OUDTSHOORN COURANT - Die groep hoof- uitvoerende beampte van Group Editors en Oudtshoorn Courant, Servaas de Kock, het Donderdagaand, 29 Augustus, tydens die maandelikse Oudtshoorn-besigheidskamer se netwerkaand aangekondig dat Oudtshoorn Courant vanaf 1 September as 'n gratis, ABC-gesertifiseerde gemeenskapskoerant uitgegee sal word.
Die koerant se weeklikse drukoplaag word terselfdertyd verhoog na 4 000 eksemplare, terwyl advertensietariewe onveranderd bly, 'n stap wat volgens De Kock daarop gemik is om plaaslike ondernemings die beste moontlike bemarkingsplatform te bied.
Oudtshoorn Courant is een van die oudste tweetalige koerante in Suid-Afrika. Die eerste uitgawe het reeds op 28 Mei 1979 verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’