TUINROETE | KAROO NUUS - 'n Groep Suid-Kaap oudstudente van die Heidelberg Onderwyskollege het op 23 Februarie reünie in Mosselbaai gehou.
Annatjie van der Linde was die sameroeper en Vivian Thompson die seremoniemeester.
“Anita Grobler het tydens die geleentheid 'n kers aangesteek ter herinnering aan ons maters wat nie meer by ons is nie. Staaltjies is vertel, studentemusiek het in die agtergrond gespeel, daar is gelag, gesels en verlang na sorgvrye studentejare," vertel Annatjie van der Linde.
Volgens Van der Linde was die hoogtepunt van die geleentheid toe Hennie Malan op 'n tafel geklim het en 'n gedig aan hulle gedemonstreer het. Pryse is uitgedeel aan onder andere die langste getroudes: PJ en Lenie Vermaas (60 jaar), meeste kinders en kleinkinders: Pierre Grobler asook die langste in onderwys: Marie Groenewald.
"Ons is dankbaar om op hierdie ouderdom steeds ons leuse uit te leef: Pro Deo Et Patria."
Annatjie van der Linde was die sameroeper en Vivian Thompson die seremoniemeester.
Watwou oud? Hennie Malan op 'n tafel om 'n gedig te demonstreer.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'