OUDTSHOORN NUUS - 'n Groepie oudleerders van Dysselsdorp Senior Sekondêr het onlangs besluit om moue op te rol en self betrokke te raak by die skool se projekte.
Sedert 15 Maart het die groep een van vele beoogde projekte van stapel gestuur deur middel van 'n motiveringsessie vir die matrikulante ten einde die leerders positief te beïnvloed.
Die program se tema was, 'Unlock your true identity' en elke matrikulant het ook 'n sleutel as simbool van die tema ontvang.
Volgens een van die organiseerders Mathilda Perel, was hierdie inisiatief 'n groot sukses en sien hulle daarna uit om volhoubare programme en ondersteuning te verleen in die toekoms in opbou tot die skool se 40ste bestaansjaarvieringe wat volgende jaar sal plaasvind.
Perel het ook twee borge Ben Botha Transport en Ferguson Winkel vir hul ruim bydrae bedank.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’