LADISMITH NUUS - Marvelin Jelander, 'n oudleerder van Hoeko VGK Primêr, het 'n leemte van ’n skoollied by die skooltjie raakgesien en besluit om self een te skryf.
Jelander wat tans 'n maatskaplike werker is Robertson is, het vertel dat sy tydens 'n reünie besef het dat hulle nog nooit 'n skoollied gehad het nie.
"Ons was ’n groep oudleerders wat in 2022 ’n reünie gehou het, en toe besef ons dat daar nog nooit ’n skoollied bestaan het nie. Ek het begin om ’n skoollied te skryf, en iets gekomponeer, en weer en weer gekomponeer en einde ten laaste is Volhard in Plig, die skoollied, gebore," vertel Jelander met trots.
Sy het die leerders die skoollied geleer en is tydens 'n spesiale geleentheid verlede week ingehuldig. Die geleentheid is deur onder meer die polisie, nooddienste en ds. Jimmy Frans bygewoon is. Jarrod le Roux, die skoolhoof, het alle rolspelers bedank vir die besondere geleentheid.
Leerders van Hoeko VGK Primêr saam met die gaste wat die geleentheid by gewoon het. Foto's: Deon Meyer
Jelander sê dat die skryf van die skoollied een van haar eie drome was wat waar geword het. "Leerders, julle drome kan ook waar word, glo net daarin."
Ter afsluiting het die leerders van die skool self die skoollied gesing.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’