OUDTSHOORN NUUS - Die Struisies van 1978 het onlangs hul 45 jaar saam gevier.
Volgens Jurina Aucamp was hulle 'n klein groepie, maar was dit 'n baie spesiale naweek vol opwinding en baie stories.
"Vrydagaand het ons 'n spitbraai by Georgie-klubhuis bygewoon en dit was nogal 'n uitdaging om sommige van die manne uit te ken of te herken. Saterdagoggend het daar 'n heerlike ontbyt gewag, wat deur die gasvrou Marietjie en haar span, by Chandelier voorberei is."
Aucamp sê die oggend was baie besonders aangesien daar van die oudonderwysers was wat die oggend bygewoon het.
Johan en Wilma Koegelenberg, Elna (Dorfling) Scholtz en Pierre Hauman het verskeie staaltjies van wat hul van hierdie bedrywige groep onthou, gedeel.
"Archie Hitge kon nie wag om sy stoutstreke van daardie tyd met almal te deel nie.
"Daar is heerlik gesels en gekuier.
"Die aand is by Tall Goose, Em-porium afgesluit. Daar is moeilik afskeid geneem, maar met die belofte dat daar nie weer so lank gewag gaan word met 'n volgende kuier nie."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’