Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die die SA Heavy Metal-kampioenskappe vind op 28 Oktober in George plaas, terwyl die SA kampioenskappe vir 1660, 2.1, hot rods en V8's op 18 November in Tygerberg plaasvind.
In die SWD-ontwikkelingsklas het Herman Hanekom se kar vroeg met meganiese pro-bleme gaan staan, wat die deur oopgemaak het vir 'n gemaklike oorwinning vir Werner Heunis. Hy is gevolg deur Neil en Johan Engelbrecht.
In die Hot Rod-klas het Clive Meyer met sy turbo aangejaagde Golf vir 'n reuseverassing gesorg toe hy die klas skouspelagtig gewen het. Die motor het te veel krag gehad vir Corné Oosthuizen se Mazda en Rietha Oosthuizen se VW Polo, wat onderskeidelik tweede en derde geëindig het.
Na Bennie Greyling slegs 'n vierde posisie in die derde uitdun kon behaal, het hy weereens in die finaal gewys hoekom hy een van die beste V8-renjaers in die land is deur die finaal gemaklik te wen.
Corné Martin het 'n uitstekende tweede plek behaal, gevolg deur Marius Combrinck.
As gevolg van getalle is die 2.1 en 1660 klasse saamgevoeg. Alhoewel die vinniger motors voor weggespring het, het die 1660 manne baie van die motors in die eerste draai verbygesteek, wat vir uiters opwindende wedrenne gesorg het. Die 2.1 klas is gewen deur Burger van der Westhuizen met Christopher Burisch tweede en Willie Olivier derde. Die 1660 is gewen deur André Nel, gevolg deur André Fouché en Robert Matthee, wat 'n uitstekende wedren gery het in die derde plek.
In die Heavy Metal klas, wat hoofsaaklik op 'n nat baan beslis was, het Anton Pretorius te veel skietgoed vir André le Roux in die tweede plek en André Keller in die derde plek gehad.
Die Pienk Rods wat almal vroulike bestuurders is en hoofsaaklik deelneem om vrouens bewus te maak van kanker, is gewen deur Clarizka Havenga, Viccy Meyer tweede en René Thiart derde.
Kyk 'n video hieronder.
Vier Buggies-renmotors het deelgeneem.
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'