van behuising, Bonginkosi Madi-kizela, aan begunstigdes oorhandig is.
"Ons het lank vir 'n huis gewag, maar vandag is ons bly," het die 68-jarige Dawid Loff gesê terwyl sy vrou, Sopia, nie haar trane kon bedwing nie.
Altesaam 80 van 'n totaal van 250 huise is reeds voltooi terwyl nog 90 teen einde van Maart aan hul eienaars oorhandig sal word, het Madikizela gesê. Volgens hom is die huisnood een van die land se grootste uitdagings.
"Ons sit met 'n agterstand van 2,3 miljoen huise in die land en 500 000 in die Wes-Kaap."
Slegs 15 000 sal in die huidige finansiële jaar in die provinsie gebou word.
Hy het 'n beroep op die nuwe huiseienaars gedoen om hul huise op te pas, te onderhou en dit nie te verkoop nie. "Dit is een van die grootse probleme wat ons ondervind."
Jakob Makriega en sy vrou, Marlene, sê hulle was 40 jaar sonder 'n eie huis en daarom is die nuwe huis 'n droom wat waar geword het.
Ook Jerome en Betty Forster wat hul nuwe huis sowat 'n maand gelede betrek het, het hul dank teenoor die munisipaliteit van Kannaland uitgespreek.
"Ons het vir agt jaar op ander mense se erwe in hokke gebly. Ek is dankbaar vir die Here," het Betty in haar netjies gemeubileerde huis gesê.
Die burgemeester van Kannaland, Jeffrey Donson, het gesê die projek is 'n bewys wat bereik kan word met samewerkende regering deur verskillende politieke partye, soos in Kannaland.
"Icosa, die ANC en die DA werk hier saam. Suid-Afrika is op die regte pad. Die grondwet werk hier."
Donson het gesê 'n nuwe huis bring ook nuwe verantwoordelikhede. "Onthou hoe ons grootgemaak is. Jou dak, kerk en begraf-nispolis kom eerste. Kom ons hou by ons bruin mense se kultuur."
Hy het sy dank teenoor die minister uitgespreek wat Kannaland twee keer binne 'n kort tydjie besoek het.

Tydens die oorhanding van een van die nuwe huise Dinsdag op Calitzdorp staan van links, rdl. Lorraine Claassen, Jac Bekker (provinsiale parlementslid), minister Bonkinkozi Madikizela, Sophia en Dawid Loff, Jeffrey Donson (burgemeester) en Phillip Antonie (onderburgemeester). Agter staan rdl. Werner Meshoa. Foto: Garnett Wicomb