Dit begin om 11:00 vanuit die Pockpas-huis in Fisantlaant 221 en 12:00 vanuit die Docnition-kerk in Rossouwstraat.
Pockpas en May was alleen toe 'n kers in hul opslaanhut in Koraanlaan omgeslaan en die brand veroorsaak het.
Hul naasbestaandes is erg getraumatiseer.
Leonie Pockpas, Janine se niggie, sê sy was kort voor die brand uitgebreek het daar.
"Toe ek uitstap het ek gevra of ek die kers moet doodblaas, maar Johnathan het gesê hy sal dit doen. Ek was nog nie agt minute weg nie toe is die hut onder vlamme," vertel sy hartseer.
Pockpas en May se seuntjie Jestryhego (4) woon nou by sy ouma, Jeannie Pockpas.
Klik hier vir 'n verwante storie.

Cathleen Pockpas saam met Jestryhego (4) en Janine se ma, Jeannie Pockpas.

Johanthan Pockpas se ma, Marlene May, en oom Abriël May, by die plakkershut waarin Janine en Johnathan verlede week dood gebrand het.
ARTIKEL EN FOTO'S: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'