Update
CALITZDORP NUUS - Bykans 53 ure in! Gielie Basson, Calitzdorper, poog die naweek om die wêreldrekord vir die langste braai te breek. Die huidige rekord is 80 ure en hy wil dit met vier ure verbeter.
Gielie het vanoggend gesê dat sy gees steeds goed is.
"My hart klop heuning. Die enkels is bietjie geswel van die baie staan en beweeg, maar ons kyk mooi daarna."
Gaan ondersteun gerus vir Gielie by Zamani Grill waar hy braai. Daar gaan lewendige musiek ook wees.
Vorige artikel: Klein Karoo op die kole: Gielie se potbrood
Daar gaan lewendige musiek wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’