Die konstruksiemaatskappy is tans by Aurial Kollege werksaam. 'n Klaska-mer wat brandskade gely het, is reeds gesloop. Dit sal later deur 'n permanente struktuur vervang word. Herstelwerk aan ander klaskamers word ook gedoen.
Volgens Holtzhausen sal gevandaliseerde badkamers geheel en al herstel word. Hy het ook die hoop uitgespreek dat die skool, voor die aanvang van die Desember-skoolvakansie, geheel en al beveilig sal word.
"Ons wag op die departement wat geld en materiaal moet verskaf, maar ek sal graag die skool se omheining so gou moontlik wil voltooi."
Sedert sekerheidspersoneel op die gronde aanwesig is, was daar nog nie weer gevalle van vandalisme nie. Holtzhausen het egter genoem dat polisie gereeld 'n draai by die skool maak.
Met die Oudtshoorn Courant se besoek was 12 plaaslike werkers in Holtzhausen se diens. Hy het vertel dat hy slegs plaaslike mense in diens
neem en dat die getalle wissel na gelang van die hoeveelheid werk wat oor die betrokke tydperk gedoen moet word. Holtzhausen het ook verduidelik dat werkers vir periodes van twee weke op 'n slag in diens geneem word, om sodoende werk aan soveel mense moontlik te bied.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.
Die perseel van Aurial Kollege
ARTIKEL EN FOTO'S: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'