Die wyse waarop dorpenaars saamgespan het om handewerk te verrig en skenkings vir die projek te maak is oorgenoeg bewys dat enigiets vermag kan word.
Verskeie projekte word vir 2013 in die vooruitsig gestel waaronder die ingang van die dorp vanaf De Rust. Enigeen is welkom om `n bydra tot die droom te lewer. Kontak gerus vir Madeleine Miles by 083 436 1153 of 044 272 6017.
Die groep se Facebook-blad kan ook besoek word.

Die groep dromers wat Saterdag hul eerste projek suksesvol afgehandel het. Foto's: Jacques Swart