Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Vragmotor wat water aan De Rust verskaf, was vanmiddag op die dorp.
Volgens Aurelia Oliphant, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, sal De Rust en Blomnek vanaand weer water vanaf die munisipaliteit kry.
De Rust ondervind die afgelope week ‘n waterprobleem.
Die Oudtshoorn Courant het ook inligting van ‘n inwoner van De Rust ontvang dat die water vir die afgelope drie dae weer bruin en ondrinkbaar is.
Lees 'n vorige artikel: De Rust weereens sonder water
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Karoo nuus'