Teen Woensdag was die Stompdrifdam reeds 52% vol nadat dit onlangs op slegs 9% gelê het. Die Kammanassiedam, wat hierdie week steeds sterk oorloop was enkele weke gelede maar slegs 34% vol. Die Kammanassierivier wat by die Oudtshoorn-navorsingsplaas verbyvloei en 'n entjie verder by die Olifantsrivier aansluit vloei nog so sterk dat die drif op pad navorsingsplaas toe Woensdag nog onbegaanbaar was vir motors.
Die twee damme voorsien water aan landbouers vanaf die Oudtshoorn omgewing tot by Calitzdorp. By Agri se algemene jaarvergadering Dinsdag het boere hul vreugde uitgespreek oor die reën. "Ek wens ons het meer opgaarplek gehad, hier is baie water," het een opgemerk.
Die Raubenheimer- en Melvilledamme wat Oudtshoorn van munisipale water voorsien is ook beide vol en die Grobbelaarsrivier wat vanaf die Raubenheimerdam deur Oudtshoorn vloei was hierdie week ook nog sterk. Die Oudtshoorn Courant het verlede week berig oor 'n hele aantal bestuurders wat hulself met die rivier misgis het en uitgesleep moes word nadat hulle voertuie op verskeie plekke in die dorp en op plase in diep water beland het.
* Heavy rainfalls two weeks ago have ensured that farmers will have enough water for at least a year. The Kammanassie Dam is still overflowing and the Stomdrif Dam near De Rust has risen to 52% after it was only 9% full a week weeks ago. The water from both dams is used for agriculture for the Oudtshoorn and Calitzdorp area.

Die indrukwekkende hoofwal van die Kammanassiedam wat 100% vol is en steeds oorloop.
ARTIKEL EN FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS