Hulle het ook van die skool se waterpype afgebreek en weggedra. Dit het die skool ook gedeeltelik sonder water gelaat en baie van die toilette kon nie gebruik word nie.
Volgens die waarnemende prinsipaal, Brenden Griffin, is dit 'n skande dat mense hul eie gemeenskap nie ontsien nie. "Dis tikkoppe se werk," het hy Woensdagoggend gesê. Die diewe het groot slotte afgesaag om by die gasbottels uit te kom en een daarvan ontkoppel. Die gasbottels kan nie afsonderlik gebruik word nie.
"Ons kan nie vandag vir die kinders 'n bord kos gee nie en vir baie is dit die enigste maaltyd vir die dag. Dis 'n skande om dit aan jou eie mense te doen," het Griffin gesê.
Die kinders kon nietemin darem elk 'n vruggie kry.

Die kombuispersoneel en die adjunkhoof, Brendon Griffin, van Laerskool Bergsig by die enkele gasbottel wat nie gesteel is nie.
ARTIKEL: GARNETT WICOMB