OUDTSHOORN NUUS - 'n Groep taxi-bestuurders het laat vanmiddag bande by die taxi-staanplek gebrand uit protes teen privaatmotors wat as taxis gebruik word.
Volgens die groep is daar tussen 15 en 20 privaatmotors wat nie as taxis geregistreer is nie en waarvan die bestuurders ook nie oor openbare vervoerpermitte beskik nie.
Volgens hulle tree die verkeersdepartement nie teen die onwettige taxis op nie en hulle dring daarop aan om met die verkeershoof te praat.
Hulle dreig om die protesaksie môre voort te sit.
Tydens die protesaksie vanmiddag.
Bande is tydens die protesaksie gebrand.
ARTIKEL & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'