Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die polisie het pas 'n groot groep mense tussen Neppon en Rosebank uit een gejaag.
Die mense het Petunialaan met brandende bande versper. Die gemeenskap is in oproer omdat hulle nog nie voedselpakke ontvang het nie.
Ongeveer tien polisievoertuie is tans op die toneel met mense wat in die woonbuurte saamdrom en sporadies uitmekaar gejaag word.
Volgens inwoners is mense aangekeer.
Kyk 'n video hieronder.
Die gemeenskap is in oproer omdat hulle nog nie voedselpakke ontvang het nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klen Karoo nuus'