OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-munisipaliteit is besig met opgradering van bestaande waterinfrastruktuur.
"Dit sluit in die onderhoud en vervanging van beheerkleppe en pypwerk by die Raubenheimerdam en gaan ons genoodsaak wees om die toevoer vanaf die dam by tye te onderbreek," lui 'n verklaring van die munisipaliteit.
Die werk word beplan hierdie week - van 17 tot 21 Junie.
"Ons voorsien dat die reservoirs oor genoeg kapasiteit beskik om die dorp van water te voorsien gedurende hierdie tyd, maar inwoners word tog versoek om water spaarsamig te gebruik.
"As voorsorg wil ons voorstel dat ‘n noodvoorraad drinkwater byderhand gehou word.
"Ons vra verskoning vir enige ongerief wat mag voorkom en bedank u by voorbaat vir u samewerking."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'