LADISMITH NUUS - ‘n Drie-en-twintigjarige man is Donderdag, 13 Mei deur lede van Ladismith-polisie (Vispol) in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van ammunisie.
Die lede, wat bygestaan is deur die Attaqua K-9 (Oudtshoorn honde-eenheid) het ‘n kas met onwettige ammunisie gevind wat onder tuinvullis weggesteek was.
Die Eden Cluster-bevelvoerder, generaal-majoor Oswald Reddy het alle betrokkenes vir hul toewyding en waaksaamheid geprys.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'