CALITZDORP NUUS EN VIDEO - Ontevrede ouers en leerders van beide Excelsior Primêr en Hoërskool Calitzdorp betoog tans buite dié twee skole.
Die ontstoke ouers verhoed ook enige persoon om die skoolterrein by beide skole te betree.
Volgens een van die ouers is die rede vir die betoging oorvol klasse, te min onderwysers en te min handboeke. Ouers is ook ongelukkig omdat daar blykbaar geen vakkeuses is vir leerders van Hoërskool Calitzdorp nie.
Die ouers wag tans vir verteenwoodigers van die Wes-Kaapse Onderwysers Departement (WKOD) om hulle toe te spreek.
Die polisie is teenwoordig by die skole en monitor die situasie.
VIDEO - Ontevrede ouers en leerders betoog (Video: Deon Meyer).
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Karoo nuus'