OUDTSHOORN NUUS - 'n Ongeregistreerde hardloper het Saterdag die 194ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed gewen.
Die 14-jarige Markus Viljoen, was tweede met 'n tyd van 19:03 gevolg deur Wilhelm Kuun wat derde geëindig in 'n tyd van 20:21.
Tarren Jullies was met 'n tyd van 25:39 die eerste vrou by die eindpunt.
Die tye van Saterdag se voorste deelnemers is soos volg:
Markus Viljoen (19:08), Wilhelm Kuun (20:21), Yaron Venter (20:44), Hanru Storm (21:03), Greens Groenewald (22:50), Radie Loubser (23:37), Henry Carstens (24:26), Francois le Roux (24:31), Daniel de Cruz (24:38), Johan Coetzer (25:08), Conrad Jullies (25:14), Hans Lareman (25:23), Tarren Jullies (25:39), Newald Groenewald (26:32), Francois Verwey (26:48), Arnold Potgieter (26:59), Mona-Maré Griffioen (27:27) en Gerard Crispen (27:41).