TUINROETE NUUS - Twee polisiebeamptes van Oudtshoorn was vanmiddag, Maandag 27 Mei, omstreeks 16:45 in 'n motorongeluk op die Outeniquapas.
Albei pasiënte het ligte beserings opgedoen en is deur ER24-paramedici na die Mediclinic George vervoer.
Geen verdere inligting is in hierdie stadium bekend nie.
Net een voertuig was in die ongeluk betrokke.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo nuus'