OUDTSHOORN NUUS - Twee Golf voertuie was vanmiddag omstreeks 15:40 in 'n ongeluk op die Dysselsdorp-pad betrokke. Sover vasgestel kon word het albei motors vanaf Oudtshoorn se rigting agter mekaar gery.
Die voorste bestuurder wou ongeveer 15 km buite Oudtshoorn by die Bloupunt plaaspad inswaai toe hy deur die tweede Golf aan sy regterkantse sy getref is.
Drie mans en 'n kind is vir skokbehandeling hospitaal toe geneem terwyl een manspersoon gekla het van 'n nekbesering.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'