Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Insleepdienste spook steeds om 'n vragmotor en sleepwa, wat voor 16:00 vanmiddag op die De Rust-pad die pad verlaat het, uit 'n sloot te kry.
Volgens omstanders het die voorste linker band van die vragmotor, wat beeste vervoer het, gebars.
Die vragmotor en sleepwa is deur 'n grensdraad en oor die treinspoor en het in 'n sloot langs die pad tot stilstand gekom.
Niemand is in die ongeluk beseer nie.
Die beeste is voor die insleepdienste begin werk het, van die vragmotor gelaai en na 'n naby geleë plaas geneem.
Fotogalery: Vragmotor en sleepwa beland in sloot
Sover vasgestel kon word is die beeste ook nie beseer nie.
Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'